About Van Plettenberg-bakens

Other, Unclassified Objects, Interesting Places, Historic Object

Goewerneur Joachim van Plettenberg het tydens sy reis in 1778 in die Kaapkolonie twee bakens geplant wat nou as gedenkwaardighede bewaar word.

In September 1778 het Van Plettenberg en 'n geselskap amptenare, insluitende Robert Jacob Gordon, Kaapstad verlaat op 'n uitgebreide reis in die binneland van die kolonie om hulle op die hoogte te stel van die heersende omstandighede aan die oosgrens. Die reis het hulle gebring deur die Karoo, die Kamdeboo, by die huidige Aberdeen, Graaff-Reinet en Jansenville verby, oor die Sneeuberge tot by Colesberg en terug langs die kus verby Plettenbergbaai.

Source From: Wikipedia
4, Hopwood Street, Bitou Local Municipality, Garden Route District Municipality, Western Cape, South Africa, 6600

Nearest places in Van Plettenberg-bakens