About Fort Selwyn

Fortifications, Historic, Interesting Places, Other Fortifications

Fort Selwyn is 'n klein vesting op Gunfire Hill aan die suidwestelike kant van Grahamstad. Dit is op dieselfde terrein geleë as die Setlaars Monument en die beroemde standbeeld van 'n Setlaarsfamilie deur Ivan Mitford-Barberton.

Die fortjie is gebou in die jare 1835/1836 as deel van die goewerneur, sir Benjamin D'Urban, se verdedigingsmaatreëls vir die Kaapkolonie in die Kaapse grensoorloë. Die bouwerk is onderneem onder toesig van maj. C.J. Selwyn, die bevelvoerder van die Royal Engineers in die Oos-Kaap en die fortjie is na hom vernoem. Alhoewel dit reeds in 1870 in onbruik verval het, staan die twee kanonne nog op hul plek. In 1936 is dit reeds tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar.

Source From: Wikipedia
Makana Local Municipality, Sarah Baartman District Municipality, Eastern Cape, South Africa, 6139

Nearest places in Fort Selwyn